Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Anna Boshoff op "Future Imperfect"
Anna Boshoff op "Future Imperfect" [boodskap #6314] Vr, 19 April 1996 00:00
Stephen Els  is tans af-lyn  Stephen Els
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil net weet wat ander op die forum dink van Anna Boshoff se optrede
die ander aand op "Future Imperfect" toe sy geweier het om enigiets
behalwe Afrikaans te praat op 'n program waar sy vooraf geweet het die
voertaal is Engels en dat daar persone gaan wees wat nie Afrikaans kan
verstaan nie. 'n Sekere Gagiano wat ook 'n Afrikaner is het baie
diplomaties en korrek opgetree en gelukkig darrem die beeld van
Afrikaners gered deur te wys dat "Ons nie almal so is nie" om vir Joan
Hambidge aan te haal.

Ek sou graag ander se mening hieroor wil hoor en ook hoe 'n mens die
skade wat sulke mense aanrig kan beperk.

Groetnis
Stephen Els
Re: Anna Boshoff op "Future Imperfect" [boodskap #6315 is 'n antwoord op boodskap #6314] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Stephen Els wrote:

die ander aand op "Future Imperfect" ...>>[/color]

Sy was pateties en het met haar optrede reg in die hande van die ander
deelnemers geloop. Hulle het haar uitmekaar gehaal.
Maar in die proses lyk dit my het sy ook weggekalwe aan die werklike
begrip en simpaties wat daar onder baie ANC-mense vir die Afrikaner en
Afrikaans is.
Die logiese uiteinde van haar soort optrede is dat die in mag se: "Ag
man, loop net weg en gaar kerm op 'n ander plek. Sien eers my punt in
voor jy weer hiernatoe kom.)
Dit het vir my gelyk asof daar in die werklike simpatie van talle van
die deelnemers ook werklike irritasie begin inkruip het.
En, soos een gese het, hulle is daar weg en nie een van hulle griewe
is bespreek nie. Met haar halsstarrigheid het sy dit reggekry om alles
in 'n negatiewe sin om haar te laat wentel.
Stop die tannie asb. Netnou dink die ander mense ek is ook soos sy net
omdat ons dieselde taal praat.
Ek dink nie jy moet baie verwag in terme van reaksie van baie van die
deelnemers aan die nuusgroep nie aangesien hulle in protes teen die
SABC nie meer na die SABC kyk nie. Hulle het laas gese hulle gese
hulle gaan ook nie lisensiegeld betaal nie.
En omdat hulle eerbaar is, kyk hulle sekerlik nie skelm nie.
Hulle kyk ook nie krieket nie.
Re: Anna Boshoff op "Future Imperfect" [boodskap #6316 is 'n antwoord op boodskap #6314] Vr, 19 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
Stephen Els wrote:
> Ek wil net weet wat ander op die forum dink van Anna Boshoff se optrede
> die ander aand op "Future Imperfect" toe sy geweier het om enigiets
> behalwe Afrikaans te praat op 'n program waar sy vooraf geweet het die
> voertaal is Engels en dat daar persone gaan wees wat nie Afrikaans kan
> verstaan nie. 'n Sekere Gagiano wat ook 'n Afrikaner is het baie
> diplomaties en korrek opgetree en gelukkig darrem die beeld van
> Afrikaners gered deur te wys dat "Ons nie almal so is nie" om vir Joan
> Hambidge aan te haal.
>
> Ek sou graag ander se mening hieroor wil hoor en ook hoe 'n mens die
> skade wat sulke mense aanrig kan beperk.
>
> Groetnis
> Stephen Els

Ek het net die laaste ongeveer 15 minute daarvan gesien, en die eenkeer
wat sy aan die woord was in daardie tyd het sy Engels gepraat. So jou
stelling dat sy geweier het om Engels te praat is onwaar.


--
Johan Kriel
NAC Faure SA
(joh...@nac.ac.za)
Vorige onderwerp: Re: Anna Boshoff op "Future Imperfect"
Volgende onderwerp: Nedersaksiche Siegmund
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:07:17 MGT 2024